Netbal

Netbal

Die skool het 12 Netbal spanne wat georganiseer word deur Me Albertyn. Die spanne ding mee in die O/14, O/16 en O/18 ouderdomsgroepe en oefen Dinsdae en Donderdae van 15:30 tot 17:00. Die skool se eerste span het ‘n ekstra oefening op Woendae.

HOOGTEPUNTE:

Daar was vanjaar verskeie hoogtepunte waarvan ons eerste netbalspan se gelykoptelling teen Charlie Hofmeyer tydens interskole beslis dié hoogtepunt is – ‘n hoogtepunt in 16 jaar!  Dat ons netbaluitslae tydens interskole met 583% verbeter het tydens interskole is ook baie bemoedigend.  Verlede jaar het slegs die O/19B-span gewen.  Vanjaar het 5 spanne gewen, 5 verloor en 2 spanne het gelykop gespeel.

AFRIGTERS:

Ons het vanjaar 12 spanne (twee meer as verlede jaar) gehad wat afgerig is deur personeel en uiters bekwame afrigters van buite.  Die afrigters was:

O/19 A + B  – Mej. A. Albertyn en Mev. Karien Joubert

O/19 C + D -  Mev. M. de Kock

O/16 A + B – Mej. T. van Zyl

O/16 C + D  -  Mev. L. Wessels

O/14 A + B –  Mej. S. Smit

O/14 C + D  -  Mej. E. van Heerden


Mej. A. Albertyn en Mev. Karien Joubert

TOERNOOIE EN KURSUSSE:

Die O/19A-netbaloefengroep het saam met afrigters ‘n netbalkursus op Montagu bygewoon van 2 – 3 Maart 2012.  Afrigting is aangebied deur Me. R. Neethling, Wes-Kaapskole-afrigter, terwyl die skeidsregting behartig is deur die internasionale skeidsregter, Annie Kloppers.  Die spelers en hulle twee afrigters was bevoorreg om in Doringlaagte Lodge te bly, wat geborg is deur Mev. Ronelle Kriel, een van ons eerstespanouers.

Ons O/14A-span het op Woensdag, 21 Maart 2011, aan ‘n toernooi by Hoërskool DF Malan deelgeneem.  Wentellings is aangeteken teen Tygerberg, Bellville, Parel Vallei; gelykop teen Hoër Meisieskool; en verloor teen DF Malan en Durbanville.

Die O/19A- en O/16A-netbalspanne het op Saterdag, 10 Maart 2012, aan ‘n Boland Openingstoernooi in die Paarl deelgeneem.

Die O/19A- en O/16A-spanne het op 14 Mei 2012, aan die onderskeie Meriete-toernooie op Rawsonville deelgeneem.

Al ons spanne het op Saterdag,14 April 2012, aan ‘n toernooi op Moorreesburg, aangebied deur Dirkie Uys, deelgeneem.  Ons netbal wen 18 van die 37 wedstryde wat gespeel is.

Me. Albertyn, Joubert, Van Zyl, Smit en Wessels was baie bevoorreg om ‘n netbalafrigtingskursus, aangebied deur Elize Kotze, Protea-afrigter, by te woon by Parelvallei op 7 – 8 Mei 2012.  Dit was ‘n ongelooflike leersame kursus, en het beslis bygedra tot die suksesse van die seisoen.

TOER:

Die eerste netbalspan het van 23 – 27 Maart 2012 ‘n briljante netbalkursus by DF Malan, Bellville bygewoon.  Die kursusleier was Sandra du Plessis, bekende internasionale afrigter.Nege leerders en hulle twee afrigters het die voorreg gehad om hierdie leersame kursus te omskep in ‘n suksesvolle seisoen.

SKEIDSREGTERS:

Mej. T. Van Zyl was die afgelope seisoen omtrent elke Saterdag in die Paarl of Stellenbosch waar sy senior ligawedstryde skeidsreg.  Sy gaan binnekort vir haar senior gradering en ons wens haar alle sterkte toe.  Graag bedank ons haar vir die skeidsregting van ons eerste span se ligawedstryde.

Ons bedank ook Me. Liezel Rabie en Lecinda Uys vir wedstryde wat hulle geskeidsreg het, omdat ons vanjaar meer spanne ingeskryf het.

Mejj. Van Zyl en Albertyn het op Vrydag,20 April 2012, ‘n gevorderde skeidsregterskursus by Hoërskool Stellenbosch bygewoon.  Die aanbieder was Annie Klopper, internasionale skeidsregter.  Dit was baie leersaam en word tydens wedstryde met groot entoesiasme toegepas.

NOORD-BOLANDSPEELSTERS:

Ons het vanjaar 5 speelsters in die Noord-Bolandspanne gehad.  Hulle is Madré Booysen(O/18), Edlin Tiemie (O/17), Helen Louwrens (O/16), Carike Joubert (O/15) en Angelique Meyer (O/14).  Edlin en Carike het deurgedring na die finale rondte by Boland.